

OREO EN WIT SJOKOLADE KAASKOEK
Kors
200 g oreo koekies + extra vir versiering
60 g botter (gesmelt)
Vulsel
350 g wit sjokolade + extra vir versiering
400 g roomkaas (ek het Philadelphia gebruik)
Blits die koekies in ‘n voedselverwerker tot fyn krummels. Voeg die gesmelte botter by.
Voer die base van ‘n los bodem koekpan van 24 cm met waspepier uit.
(20 cm sal ook goed werk)
Druk die koekiekrummels daarteen vas.
Smelt die wit sjokolade in die mikrogolf of oor warm water.
Voeg die roomkaas by en klits totdat dit mooi egalig is sonder klonte.
Skep dit oor die kors en maak gelyk.
Plaas in die yskas vir ‘n uur of totdat dit benodig word.
Extra wit sjokolade kan gesmelt word en oor die kaaskoek gedrizzle word.
Breek die extra oreos in stukkies en strooi dit ook oor en drizzle die laaste bietjie wit sjokolade oor hulle. Geniet.
FOTO: Wilanda Räsänen






