

MURGPAMPOENTJIES IN TAMATIESOUS SLAAI
2 klein baby marrows in ringetjies gesny
1 pakkie van 50 g tamatiepasta
2 eetlepels suiker
2 eetlepels asyn
1 eetlepel worcestersous
¼ teelepel mosterdpoeier
½ teelepel sout
1 klein ui, in halwe ringe gesny
Growwe swartpeper na smaak
½ koppie water
Bring al die sousbestanddele tot kookpunt terwyl roer.
Voeg nou die uie en so 2 koppies baby marrows in ringetjies gesny by en prut 7 min.
Ek het dit so warm gebottel maar gaan yskas toe en ek kan nie waarborg hoe lank dit sal hou nie, maar ek glo ‘n geruime tydjie.
Bron en foto: Marianne de Beer






