

MARIE SE HOENDER BREYANI
1 ui gekerf
12 hoender boudjies
4 hoender dye
4 lourierblare
3 kaneel stokkies
20 ml mild & spicy kerriepoeier
5 ml borrie
5 ml gemmer
sout en peper – voeg laaste by
2 1/2 koppies rys
2 hoender ekstrak blokkies opgelos in 1L kookwater
1 blik lensies in water kookolie
Maak hoender skoon
Braai speserye in verhitte olie – moenie aanbrand nie
Voeg uie by en braai tot sag
Voeg hoender by en braai in mengsel
Voeg van die vloeistof by en kook vir so 60 minute
Spoel rys skoon en dreineer
Dreineer lensies
Voeg rys, lensies en orige vloeistof by
Rys moet bedek wees met vloeistof
Roer deur en kook vir verdere 25 minute tot rys gaar is en al die vloeistof weggekook het
Indien vloeistof te min is boeg bietjie kookwater by
Nota: Moenie te veel vloeistof ingooi nie, hierdie hoeveelheid is al wat ek gebruik het, jy kan liewers bietjie byvoeg soos jy asngaan. Sorg net dat jou kos nie aanbrand nie
Lekker eet. Hierdie is maar op my manier gemaak met wat ek beskikbaar gehad het. So ek het maar aangepas en glad nie yoghurt of tamatie ingesit nie of oornag marineer nie.Het ook nie al die mutis gehad nie.
Bron en foto: Marie Dumas Jennings






