

MARIANNE SE KOOLGEREG
Die een is spesiaal vir Rina, ek noem dit sommer “daag-Rina-uit-koogereg” want die gaan voorwaar van nou af een van my spoggeregte wees.
Kerf halwe medium koolkop in fyn repies en gooi so 2L kookwater oor en bedek. Laat staan tot die water koud is en dreineer goed. Maak n kaassous met wit cheddar, en meng met die kool. Dan het ek n klein stukkie wors gebraai net om die vetjies te kry en so 2 groot gesnyde uie daarin gebraai en ook deur die koolmengsel gemeng, mooi gelyk gemaak bo-op en gerasperde gouda kaas oorgestrooi. Die hoeveelhede is maar volgens smaak. Ek het die gereg bedek in die mikrogolf gemaak teen 70 persent krag vir 20minute. Bietjie paprika oorgestrooi vir kleur.
FOTO EN RESEP: Marianne de Beer






