

MARIANNE SE KLEIN SATERDAG MENGELMOES
Maak pap gewoon weg gaar, laat afkoel en roer met vurk tot dit soos growwe krummelpap lyk.
Braai saam tot gaar:
2 groot uie in halwe ringe gesny
1 groot gerasperde wortel
1 greenpepper, in blokkies gesny
Voeg by en braai tot spek gaar is
1/4 koppie goeie margarien
halwe pakkie spek in blokkies gesny
6 viennas in ringe gesny
Voeg by:
1/4 koppie tuisgemaakte kaassmeer,
1/2 koppie room
Meng pap by alles en roerbraai tot deur warm.
Bron en Foto: Marianne De Beer






