KAKAO POEDING
Hier is n lekker gebakte poeding. Altyd n wenner!
1 kop meelblom
3 teelep B/p
Knippie sout
1 en half Eetlep kakao
5 Eetlep sagte margarine
3 Kwart kop suiker
1 Eier
2 tot 3 kop melk (ek gebruik net 2en half)
1 Teelep vaniella
Sif droe bestandele saam
Klits eier gesmelte marg en suiker saam.
Meng melk koppie vir koppie in mengsel
Deeg is baie dun gooi in groot bak.
Stroop
1kop suiker
1 kop water
2 eetlep kakao
Smelt stroop op stoof en gooi warm stroop in mengsel moet nie roer
Bak op 180 vir 30 min
Bedien warm met roomys of vla
LW Stroop word oorgegooi voor in oond gaan
Foto: Dorothy Vermeulen Van Zyl
Resep geplaas deur Dorothy Vermeulen Van Zyl