

GIDEON SE KLEIN SOUTTERTJIES
Resep en foto: Gideon Louw
FOOD LOVERS RECIPES
Aandkos was lekker souttert
Die resep is vir klein tertjies maar vroulief het dit als in een bak gedoen en gebak in die oond vir 1 uur op 180 ºC in ‘n voorverhitte oond.
Broodmengsel:
4 snye brood
1 koppie melk
¼ koppie botter
Week die brood in die melk en voeg die botter by.
Smelt alles in die mikrogolf oond vir vyf minute haal uit en klits die mengsel sodat dit soos ‘n dik pasta is.
Smoormengsel:
2 gekerfde uie
1 pakkie (250 g) spek stukkies
250 g sampioene
½ – 1 teelepel swartpeper
Smoor die uie, spek stukkies en sampioene saam tot dit droog is. Voeg die swartpeper by.
Res van bestanddele:
3 geklitste eiers
2 koppies gerasperde kaas
1 desert lepel droë mosterd
1 teelepel chillie vlokkies
1 blikkie weense worsies, in wieletjies gesny (hou die “brine”)
Meng die smoormengsel en die broodmengsel saam.
Voeg dan die eiers, kaas, droë mosterd, chillie vlokkies en weense worsies by, asook die ” brine “.
Meng alles saam en skep in muffin pannetjies en bak in ‘n voorverhitte oond op 180 ºC vir 45 min!

2de foto: Jacques Schutte







Geskuif
Gideon se: Aandkos was lekker souttert
Die resep is vir klein tertjies maar vroulief het dit als in een bak gedoen en gebak in die oond vir 1uur op 180grade in n voorverhitte oond