

GIDEON SE LAMSRIB POTJIE
1,5 kg lamsrib, opgesaag in groterige porsies
3 aartappels, medium groot in blokke gesny
2 uie, medium groot en gekerf
1 wortel, groot gekerf
1 t peper
1 e growwe sout
1 t chillie flakes
1/2 pakkie bruin uie soppoeier
600 ml water, ekt sommer oorskiet sodawater gebruik
Braai die vleis in ‘n klein bietjie olie op skerp kole vir omtrent ‘n uur
Voeg die uie by en braai nog 15 min.
Voeg die aartappels en wortel by asook ± 500-600 ml water en kook op medium kole vir ±2 ure.
Skep van die sous in die potjie ± ‘n halwe koppie en meng dit met die bruin uiesoppoeier en gooi oor die inhoud van die pot.
En laat prut vir nog 20-30 min en bedien saam met plastic rys dit is nou die losserige rys en geniet hmmmmmmm heerrlik !!!
Bron en foto: Gideon Louw






