

AARTAPPEL SKOORSTENE
Kook medium tot groot aartappels sag en laat dit afkoel tot jy daarmee kan werk.
Voorverhit jou oond solank tot 180°C.
Sny die aartappels aan die onderkant gelyk sodat hulle regop staan by hulself.
Sny die aartappels nou aan die bokant oop en hol dit uit, maar nie tot heel onder nie.
Sit repe spek rondom die aartappels en steek dit met ‘n halwe tandestokkie vas.
Pak die aartappels in ‘n gespuite bak.
Maak ‘n lekker droërige vulsel vir binnekant.
Ek het gebruik:
roomkaas
feta kaas
rooi, geel en groen peper in stukkies gesny
sampioene, in stukkies gesny
uie flokkies
knoffel flokkies
papadew spice
mayonnaise
Gooi ‘n teelepel barbeque sous (ek het Spur s’n gebruik) in elke aartappel.
Skep nou elke aartappel tot amper vol met vulsel.
Druk ‘n stewige stuk sterk kaas bo in (ek het sommer cheddar gebruik).
Skep ‘n teelepel parmasan kaas bo-op elke aartappel.
Smeer die spek om die aartappel met barbeque sous – dis ‘n morsige storie.
Bak die aartappels vir so 25 – 30 minute tot die spek gaar is, die kaas gesmelt is en die parmasan begin bruin word.
Bedien saam met ‘n groen slaai.
Foto en resep: Wayne Dugmore






