

WAYNE SE TAMATIE BREDIE
3 eetlepels olyfolie3 uie, blokkies gesny
15 – 20 blokkies lamsvleis (of enige ander rooi vleis)
3 knoffelhuisies, gekerf (opsioneel)
1 eetlepel varsgemaalde swartpeper
Varsgemaalde sout na smaak
1 teelepel gedroogde rissie (opsioneel)
1 teelepel pimento all spice (opsioneel)
200ml/g tamatie pasta
3 eetlepels suiker
1 blik tamatie stukke
6 – 8 aartappels, in stukke gesny
Braai die uie in die olyfolie tot bruin. Voeg die knoffel by en braai nog 2 minute. Voeg die lam stukkies (of ander rooi vleis) by en braai tot baie bruin. Voeg die sout, swartpeper, all spice en rissie by en braai vir nog so 2 minute. Roer gereeld.
Voeg 2 koppies warm water by. Sit deksel op en smoor op medium hitte tot water weggekook het. Herhaal 3 keer. Roer gereeld.
Voeg die tamatie pasta en suiker by. Braai vir 5 minute. Voeg die blik tamaties by en koom tot droog. Roer gereeld.
Voeg die aartappels by. Voeg 2 koppies water by en kook tot die aartappels sag is. Roer gereeld.
NS: Indien jy nie van brand kos hou nie, verminder die rissie of laat dit uit.
Bedien saam met rys.
Foto en resep aangepas deur Wayne Dugmore







Oor op nuwe blog!