

PETRO SE SOET BEESVLEIS KERRIE
600 g beesvleis, blokkies gesny
1 ui, opgesny
Bruin vleis en ui in ‘n bietjie olie (ek gebruik ghee)
Dan meng ek saam so
2 eetlepels Rajah medium kerrie
3 eetlepels suiker
2 eetlepels appelkooskonfyt
2 eetlepels bruin asyn
Meng alles goed met ‘n klein bietjie water en gooi oor jou vleis.
Breek so 2 knorrox beef blokkies stukkend en strooi oor die vleis, jy kan ook ‘n tamatie by rasper.
Gee mengsel in die pot ‘n lekker roer.
Laat kook vir so half uur.
Sit aartappels by en kook nog so 2 uur op stadig hitte.
Gooi net klein bietjie water by en dan kan jy ook coriander by sit.
Bedien met rys !
FOTO EN RESEP: Petro van Genderen






