PETRE SE MACARONISLAAI
Macaronislaai soos my ma dit altyd gemaak het…
(Aangepas vir 2 persone)
1/4 pak macaroni (gekook in water, sout en bietjie olie tot sag)
1/4 ui gekap
(Ek het n eetlepel groen, rooi en geel gekapte soetrissies van elk bygevoeg)
1 pakkie of blikkie All Gold tamatie pasta
Grof gemaalde swarpeper
Bietjie sout
Suiker na smaak..
Braai gekapte ui tot deurskynens in n bietjie olie…. voeg tamatiepasta, bietjie sou en gemaalde swartpeper by. Voeg n bietjie water by om dit souserig te maak.. kook goed deur en voeg dan suiker na smaak by. Meng goed met gekookte macaroni…
Bron en foto: Petré Van Jaarsveld