

MELANIE SE ANYS BESKUIT
10 g droë gis
1 kg koekmeel
200 g suiker
7 ml sout
500 ml louwarm water
2 eiers (goed geklits)
25 ml olie
2 eetlepels anys
Plaas droë bestanddele in ‘n mengbak, meng goed.
Voeg louwarm water, olie, en eiers by droë bestanddele en meng om ‘n gladde deeg te vorm.
Knie goed. Bedek die deeg en laat staan vir 20 minute. Knie die deeg af. Verdeel deeg in klein stukke, en vorm balletjies. Plaas in panne wat gesmeer is. Smeer bietjie olie oor, laat rys tot dubbel die grootte. Bak in vooraf verhitte oond (200ºC) vir 40 minute. Haal uit panne, laat afkoel. Breek in stukke, en laat dit uitdroog in die oond by 100 grade celcius. Geniet!
Resep: Melanie Elms Volmer






