

KOOS SE TUISGEMAAKTE KERRIE PASTA
So maak ek n Chilli/Kerrie gereg sonder om Kerrie poeier te gebruik.
In die gval het ek sommer hoender en aartappels in n ysterpot op die stoof gemaak en toe my mengsel op die einde bygevoeg.
Sommer net lekker saam met n kaas loaf broodjie.
Genoeg vir 3 kg vleis
1 Ui fyn gesny
2 Tamaties fyn ge-rasper
50 ml olie
5 gram Knoffel Poeier
3 gram Gemmer poeier
5 gram chilli Poeier
2 lepels botter
2-4 gram Turmeric
6 gram Cumin Poeier
3 gram Koljander poeier
3 gram Mostert Poeier(Hot English Mustard)
Sout en peper en ander speserye is in die vleis wat jy apart kook.
Braai die uie tot lig bruin
Gooi die tamatie by en braai tot n pasta sous
Meng al die droe speserye(NIE DIE Turmeric NIE) saam met warm water so 50 ml tot n pasta
Voeg by die uie en tamatie en laat stadig prit terwyl jy dit roer vir so 15 minute
Smelt die botter in n sous pan en voeg die Turmeric by en braai tot bruin kleur.
Net so n minute.
Moenie iets afskep nie daar vorm n tipe skuim bo op die mengsel.
Gooi nou die Botter Turmeric by die Tamatie, Uie en speserye mengsel.
Nou het jy jou eie Chilli/Kerrie pasta wat jy op die einde so n uur voor jou vleis klaar gekook is kan byvoeg
Jy kan die pasta in n yskas ook bere
Amper vergeet. Ek gooi Paprika by op die einde om bietjie te kleur
BRON – Koos van der Merwe






