

GIDEON SE SOETSUUR SKAAPSTERTJIES
± 1.5 kg skaapstertjies
1 blikkie (227 g) fyn pynappel
2 eetlepels sweetchillie sous
2 eetlepels suiker
2 eetlepels chutney
3 eetlepels asyn
1 kleinerige ui fyngekap
sout en peper na smaak
Pak die stertjies in kasserol met ‘n deksel. Sit ‘n bietjie water ± ½ koppie by. Sit deksel op en kook vir ¾ uur in ‘n voorverhitte oond op 180 °C. Meng alle ander bestanddele en giet dit oor die stertjies. Plaas deksel terug en kook vir nog 2 ure.
Haal dan die deksel af en grill tot goudbruin (± 10 min)
Resep en foto: Gideon Louw







Geskuif