

GIDEON SE GARNALE EN OONDGEBRAAIDE SKYFIES
Ek het die aartappels ( 2 ) gesny met my aartappel snyer en oop gepak op foelie in n plat oondpan wat gespuit is met Spray en Cook en toe die aartappels gesmeer met n bietjie olyfolie en gebak in die oond op 200 grade vir +- 25 min of tot ‘crisp” en toe n bietjie sout en swart peper oorgesit.
Die garnale het ek skoongemaak ( stertjies ) en gerol eers in 1k meel wat gemeng is met n 1/2 t sout en n 1/2 t chillieflakes en n bietjie swart peper en toe gerol in geklitste eier en weer in die meel. Ek bak dit toe in n bietjie olie in n pan, pak dit uit op handoekrol en geniet dit saam met mayo
Bron en foto: Gideon Louw






