

FRANCO SE HEERLIKE KERRIE AFVAL POT
1 kg skoon skaap pens, opgesny
1 kg skoon beespote, opgesny
1 eet lepel garlic en gemmer paste
3 teelepels rajah all in one kerrie
3 uie, in half ringe gesny
3 eetlepels Mrs Balls hot chutney
1/4 tlp fyn naeltjies
1 tlp fyn kaneel
500 g lam nek
8 aartappels, in kwarte gesny
Week afvalle in asyn water oornag in yskas.
Kook die afval in die asyn water sonder enige sout in die stoom pot tot sag. Verwyder alle bene van die vleis en voeg afval terug in die water en hou eenkant.
In ‘n nommer 3 potjie braai uie tot amper sag, voeg kerrie, knoffel en lam nek by en laat die nek lekker bruin braai. Voeg naeltjies en kaneel by. Geur met sout. En voeg chutney by
Voeg die klaar gekookte afval en die water by. Plaas deksel op pot en laat prut vir so 3 ure.
Voeg nou aartappels by en laat prut tot gaar en voeg nog sout by indien nodig.
Bedien op rys of samp.
FOTO EN RESEP: Franco Dippenaar






