

CHORIZO PASTA
1/2 pak penne pasta
1/2 ui, blokkies gesny
2 knoffelhuisies, verfyn
1/2 chorizo, dun skywe gesny en dan verkwart
1/2 teelepel gedroogde rissie
1 teelepel roosmaryn
1 teelepel paprika
1 teelepel peppadew spesery sout
1 blik tamatie stukke
1 pakkie (25g) tamatiepasta
1/2 koppie room
3 teelepels pietersielie
Swartpeper naa smaak
Sout na smaak
1/2 koppie parmasan
Kook die pasta volgens die instruksies op die pad.
In ‘n warm pan, braai die uie, chorizo, knoffel, rissie en roosmaryn in olyfolie tot die uie sag is en die chorizo gaar/crispy vit so 5 minute terwyl dit geroer word. Gooi die paprika en peppadew spesery sout oor en braai nog ‘n minuut.
Gooi die blik tamaties, tamatie pasta en room by. Sit die deksel op en prut stadig vir 10 minute tot die sous verdik het.
Voeg die pietersielie en swartpeper by en meng. Sit pasta by en roer deur. Sit parmasan kaas by en roer deur. Proe of jy nog sout wil bysit.
BON COMER MANGIARE!!!
FOTO EN RESEP: Wayne Dugmore






