

BLOUWILDEBEES RUGSTEAKS -SIRLOIN
Nog enetjie vir die manne wat JAG…en WILD steaks ook eet..
Die MEES ONDERSKATTE VLEIS in die Jagveld..
Smelt 250gram BOTTER
gooi 200 ml Olyfolie by…
1 eetlepel sout
4 eetlepels suurlemoensap of asyn
1 teelepel Growwe swart peper
1 teelepel fyn koljander
Sny die steaks so “Duim” dik…
Meng alles saam goed deur, en laat le die gesnyde wild steaks daarin vir 24 uur
Braai in die vlamme tot medium rare…en GENIET
Met n Knoffel bottertjie…en
Sommer saam n lekker Gebakte eier,
en bruin uie..
SOO smaak hy hier is Hentiesbaai…gebraai..Gistermiddag
Bron en foto: Stefaans Blaauw







geskuif