ANEL SE MIELIEMEELBROODJIE
625 ml Mieliemeel
10 mk bakpoeier
5 ml sout
375 ml melk
125 ml suiker
125 g botter
3 eiers
Metode:
Voorverhit oond tot 180 grade C. Sif meel, bakpoeier en sout saam. Verhit 125 ml van die melk, suiker en botter tot kookpunt. Voeg oorblywende 250 ml melk en eiers by meelmengsel en meng goed. Voeg kokende melkmengsel by en meng weer goed – deeg is loperig. Gooi in pan en bak tot gaar. Ek gooi soms n blikkie sweetcorn in of heelpitmielies. Kan basies speel met die deeg. Soms gooi ek knoffel ook in. ONTHOU- deeg rys nie soos ander nie, so maak jou pannetjie volas jy n muffinpan gebruik. In broodpannetjie gooi al die deeg in pan. Hy is n redelike bros broodjie en kan soms biki droog wees, so smeer daardie botter. Ek het al die gaar broodjie wat toegemaak is in foelie gevries en net weer warm gemaak.
Bron en foto: Anel Nel Vd Walt