

ANEL SE MIELIEMEELBROODJIE
Bron en foto: Anel Nel Vd Walt
FOOD LOVERS RECIPES
625 ml mieliemeel
10 ml bakpoeier
5 ml sout
375 ml melk
125 ml suiker
125 g botter
3 eiers
Voorverhit oond tot 180 ºC. Sif meel, bakpoeier en sout saam. Verhit 125 ml van die melk, suiker en botter tot kookpunt. Voeg oorblywende 250 ml melk en eiers by meelmengsel en meng goed. Voeg kokende melkmengsel by en meng weer goed – deeg is loperig. Skep in pan en bak tot gaar. Ek voeg soms n blikkie sweetcorn in of heelpitmielies. Kan basies speel met die deeg. Soms sit ek knoffel ook in. ONTHOU- deeg rys nie soos ander nie, so maak jou pannetjie vol as jy n muffinpan gebruik. In broodpannetjie skep al die deeg in pan. Hy is n redelike bros broodjie en kan soms biki droog wees, so smeer daardie botter. Ek het al die gaar broodjie wat toegemaak is in foelie gevries en net weer warm gemaak.






