

OUMA MARTHA SE RED VELVET BESKUIT
Ek het gebak en my ouma wat 80 is, het gesit en instruksies en bestanddele uit haar kop gegee!
250 g botter
1 kg bruismeel
1 teelepel bakpoeier
5 ml sout
½ koppie melk
½ koppie Bulgaarse jogurt
2 eiers
1 teelepel vanilla geursel
250 ml suiker
1 botteltjie rooi kleursel
30 ml kakao
Versiersel bo-op:
1 groot slab wit bak sjokolade
3 eetlepels Bulgaarse jogurt
*Moenie laat oond eers warm raak nie, as die oond aangesit word moet die baksel dadelik in sodat dit geleidelik begin rys.
Smelt botter effens (net sodat sag genoeg om te klits).
Voeg suiker en klits tot romerig gooi ook kleursel en vanilla by.
Voeg eiers by en klits melk en jogurt ook by die beslag.
Voeg die bruismeel, sout en bakpoeier by en sif kakao in. Beslag moet nie styf wees nie, as is voeg nog bietjie melk by.
Bak teen 160°C vir 70 min.
Droog die beskuit teen 70°C oornag (sit iets in deur dat nie heeltemal seël nie sodat vog ontsnap)
Versiersel:
Smelt wit sjokolade in ‘n bakkie oor ‘n pan met water en voeg jogurt by en roer deur.
Skep bo oor beskuit met eetlepel. Voeg liefde by anders kan dit dalk flop.
Bron en foto: Lizelle Louw
Nota:
Benhet Nieuwenhuis
Ek het ‘n groot lepel jogurt gebruik! Myne het dik geraak maar ek het hom net weer oor die dubbel koker gesit! Soos ek dit oor geskep het, het ek dit met rukkies net vir oomblikke terug gesit, dan smelt hulle! Daardie icing is lekker hoor! Ekt my hele baksel nadat ek dit icing op gesit het, in die yskas gesit! Hulle daar gelos oornag en volgende dag gepak!! Myne het mooi hard geword!







geskuif