
MYRTLE SE SULT
Sult
skoongemaakte afval
1 dessertlepel koljandersaad
1 teelepel piment
4 naeltjies
sout
1 klein ui
1/2 koppie asyn
Kook soos afval. Bind al die speserye in ‘n dun lappie en sit dit by. Sny die ui in klein dun skyfies. Kook alles tot die beentjies uitval, sny alles in klein stukkies en haal die beentjies uit die sous. Gooi weer die vleis in en laat dit kook. Sit die asyn by. Gooi uit in ‘n nat vorm en laat dit koud word. Dis lekker met groen slaai vir brekfis of vir die aandete
Resep: “Lekkerkos”, gedruk in 1931
Geplaas deur Myrtle van Dyk






