


MARIETJIE SE SAUSAGE ROLLS
1,5 kg maalvleis
2 snye brood
1,5 eetlepel fyn koljander
1 teel gemengde speserye
3 teelepel sout
1,5 eetlepel Worcester sous
1, 5 eetlepel *sous mengsel
bietjie water
Meng al die bestanddele, behalwe sousmengsel. Kook vleismengsel in bietjie water tot gaar en water basies weggekook is. Verdik met sousmengsel. Laat oornag afkoel in yskas. Maak sausagerolls met enige pastei deeg en bak in oond.
*(Marietjie se pastei deeg is op blog,) Bron; uit familie se kookboek.
https://www.foodloversrecipes.com/2016/06/marietjie-se-pasty-deeg/
Die resep vir sousmengsel is as volg:
1 groot pak Bisto
1 pakkie sampioen sop
1 pakkie tamatie sop
1 pakkie bruin uie sop
1 kop koekmeel
Meng goed en bere in lugdigte houer. Kan in enige vleisgereg gebruik word, of net as sous vir rys ens.
Resep en foto – Marietjie van der Merwe
2de foto: Mario Nel






