

GIDEON SE VISKOEKIES
Resep en foto: Gideon Louw
FOOD LOVERS RECIPES
600 – 700 g vis
4 medium groot aartappels geskil, gekook en fyngemaak
2 eiers
3 teelepels visspeserye
1 teelepel coriander
1 koppie broodkrummels
Olie vir vlakbraai
Voeg die aartappels by die vis en meng.
Voeg al die ander bestanddele en speserye by en meng goed.
Maak stukkies vismengsel gholfbal grootte en druk ‘n bietjie plat.
Plaas in die vrieskas vir +- n halfuur.
Bak in olie op medium hitte vir +- 5 min of tot mooi bruin.
Sous
1 koppie mayonnaise
3 eeetlepels “sweetchillie” sous
1 teelepel borrie
Meng alles saam en voeg bietjie swartpeper by en geniet saam met die viskoekies !






