

LAE KALORIEë LASANGE ALA CLAUDIA
5 groot murgpampoentjies (baby marrows)
1 pak gesnyde sampioene
3 knoffel huisies
2 teelepels Sambal oelek of chilli vlokkies
500 g mince
1 groot rooi ui fyn gesny
1 blikkie tamatie stukkies sonder toegevoegde suikers
paar blare vars basil fyn gesny
2 teelepels gedroogde oregano
1 potjie Creme fraiche
parmezan of pecorino grated en morzarella grated
sout en peper na smaak
Jy kan maar hoef nie die baby marrows te grill nie. Ek het hulle op die grill gesit want dit bring die smaak beter uit. Braai jou ui en sit by die mince. Braai tot bruin en sit by jou sampioene en kruie. Sit jou chilli by en voeg die blikkie tamatie stukkies by. Jou vulsel vir die lasagne is nou reg. Was die baby marrows en sny in die lengte in halwe cm dikte snye. Grill hulle net vinnig of gebruik hulle net so. Sit eers ‘n dun lagie van die mince mengsel in die oondbak en dan begin jy lagies maak. Sit dan die baby marrow eerste lagie op dan mince en bo op die mince so 5 teelepels creme fraiche en bietjie morzarella en pecorino kaas. Dan weer ‘n nuwe laag baby marrow en so gaan jy aan. Elke laag creme fraiche mince en kaas. Eindig met die laag mince en strooi die laatse kaas bo oor en bak op 180c vir 30 minute in die oond. Lekker eet
Resep en foto: Claudia Bellink






