ALICIA SE REENBOOGKOEK
Ek het n basiese koek resep gebruik:
250 g botter
400 g strooisuiker
4 eiers
290 g koekmeel
40 g bruismeel
5 ml vanilla
Koppie plain jogurt
Room botter en suiker tot lig. Voeg dan die eiers een vir een by en meng goed na elk eier.
Sif die meel en meng die yoghurt met vanilla voeg die helfte van die meel by die suiker mengsel meng goed, voeg die jogurt by en meng en dan die res van die meel en meng goed.
Ek het die mengsel in drie gedeel en gekleur en toe in die koek panne gesit. Bak dit vir 40min op 180ºC.
Versiersel:
125 g botter
400 g versiersuiker
15 ml suurlemoensap
Klits als goed saam tot dit lig en donsig is.
Vir die “reenboog effek” het ek net milkybar gesmelt met ‘n bietjie room en op die koek gedrup met n lepel.
NOTA: Ekt 2 groot milkybars gesmelt en toe ‘n bietjie room by gevoeg en in verskillende bakkies geskep en toe net gedrup op die koek
FOTO EN RESEP: Alicia MacBride
One thought on “ALICIA SE REENBOOGKOEK”
Leave a comment
You must be logged in to post a comment.
Alicia MacBride
Baie dankie vir die inspirasie, ek kon nie wag om dit te probeer nie. Dit was n treffer gewees. Dit ruik hemels as mens daai “cake saver” oopmaak