



SANDWICH SPREAD
3 wortels
1 groot ui
1 groot komkommer
1 rooi soetrissie
1 geel soetrissie
1 groen soetrissie
Bruin asyn (genoeg om die groentemengsel te bedek)
Mayonnaise na smaak (maak die mengsel net lekker nat met dit)
Soetrissies is jou 3 kleure peppers
Verwerk al hierdie groente in n voedselverwerker tot lekker fyn.
Gooi bruin asyn oor groente tot bo oor en laat staan oornag.
Volgende oggend gooi die asyn af en skep lepelsvol groente in n skoon doek en druk groente droog tot daar geen vloeistof meer uitkom.
Gooi sout en peper na smaak en ook so 4 eetlepels suiker.
Gooi laastens die mayonaise oor en meng goed.
Bottel nou in gesteriliseerde flesse en bewaar in yskas.
Foto: Sonia Knoetze
Foto: Nota: Ek het hierdie gemaak!!!!!!
DIS HEERLIK!!!!!
Nota: Ek het die resep dubbel aangemaak, maar die peppers dieselfde gehou.
2 ml peper
4 ml sout
ongeveer 1 bottel mayonaise gebruik.
Foto: Benhet Nieuwenhuis
3 thoughts on “SANDWICH SPREAD”
Leave a comment
You must be logged in to post a comment.







Hoe lank hou die mengsel in die yskas . Begin dit nie nater gis nie ?
Hallo Johnny
Van ons lede maak dit baie gereeld en ons het nog nooit klagtes gekry dat dit gis nie, dit is baie naby aan die wat jy in die winkel koop. Ek glo dit sal heerlik bly toto dit opgeeet is, as jy eers wi toets, stel ek voor maak net die helfte van die resep en oortuig jouself.
Lekker kosmaak
Hendra Rossouw
Ekt dit ook al baie gemaak en dit is werklik baie lekker en hoe langer hy staan hoe lekker der word dit