

OUMA SE SUURLEMOENBROODJIE
Ek het vandag ‘n hele klomp vars suurlemoene persent gekry en raai wat, *when life hands you lemons you bake bread” Die is ‘n ou gunsteling resep wat my pa altyd baie geniet het.
80 ml botter of margarien
375 ml strooisuiker
2 eiers
450 ml bruismeel
2 ml sout
125 ml melk
gerasperde skil van 1 suurlemoen
sap van 2 suurlemoene
Voorverhit oond tot 180ºC.
Smeer broodpannetjie (middelslag) en voer uit met waspapier.
Klop botter en 250ml van die strooisuiker tot lig en donsig.
Voeg eiers een vir een by en klop goed.
Sif bruismeel en sout saam.
Roer meel en melk beurtelings by die eier en botter mengsel.
Voeg die suurlemoenskil by en meng goed.
Skep in die broodpannetjie en bak vir 45 tot 60 min tot deur gaar.
Toets met ‘n toetspen.
Meng intussen die res van die strooisuiker met die sap van die suurlemoene.
Prik die broodjie met ‘n vurk as dit uit die oond uitkom en gooi stroop oor warm broodjie.
Laat goed afkoel in die pannetjie.
Geniet saam met botter of selfs net so is heerlik.
BRON: Thelma En Wessel DuPreez






