

NICOLIENDE SE SOUTTERT IN BOLLETJIES PAN
Resep en foto: Nicoliende de Waal
FOOD LOVERS RECIPES
454 g viennas
227 g kaas
2 eetlepels gekapte uie
1 eetlepel gekapte vars pietersielie (minder as droog)
Meng
3 eetlepels koekmeel en
3 teelepels mosterd
Met ‘n bietjie van die onderstaande 1 koppie melk om ‘n loperige pasta te maak.
1 koppie melk
Sout en peper en ander spices soos verkies
4 eiers
Voeg res van die melk by meel pasta.
Voeg sout, peper en spices na smaak by.
Voeg eiers (geklits) by.
Meng hierdie mengsel by snipper mengsel.
Skep in gesmeerde tertbord en bak +-40min by 180ºC of in bolletjies pan






