

MARISKA SE SJOKOLADEKOEK
My eie sjokolade olie koek.
8 eiers – geel en wit geskei
2 koppies koekmeel
2 koppies suiker
2 teelepels vanilia geursel
1 koppie kookolie
1 koppie water
2 teelepels bakpoeier (sit een in eierwit)
Amper vol koppie kakao
Meng suiker en eiergeel tot room .
Voeg die olie en water by voeg dan die droë bestanddele by en meng goed.
Klits eierwitte styf en vou by die koekmengsel in.
Vou goed deur.
Sit in twee gesmeerde koek panne en bak ongeveer 40 min – toets met toets pen
Laat afkoel en versier
Resep en foto: Mariska Louw







Linda Botha Joubert
Hierdie is ‘n wennerresep en as jy hom nog lekkerder wil maak dan gooi jy ‘n stropie van 50/50 suiker en water met ‘n paar tl koffie saamgekook oor die warm koek en smeer Nutella ipv versiersuiker oor. Ek maar gereeld cupcakes met dieselfde resep en dis heeeeeerlik