

MAKLIKE MIELIEBROODJIE
Resep en foto: ANNABELLE ANNATJIE STRYDOM TROMP
3 eiers
1 blik roomsoort mielies
1 koppie koekmeel
1 koppie mieliemeel
½ koppie suiker
1 teelepel sout
1 teelepel bakpoeier
Meng alles bymekaar.
Meng goed. Skep in n gesmeerde broodpannetjie.
Bak in oond vir 50 minute op 180ºC of as jou oond vinnig is dan 45 min of tot gaar.
Baie maklik maar baaaie lekker






