


MAKLIK EN BAIE LEKKER PIZZA DEEG
2 kop bruismeel
½ kop + 2 eetl kook water
½ kop olie
knippie sout
Plaas alles in ‘n bak en meng tot deeg gevorm is. Druk deeg uit in ‘n rolkoek pan en bedek met ‘n klam vadoek tot nodig.
Smeer basis met tamatiepaste en sit vulsel op, strooi genoeg kaas oor.
Voorverhit die oond tot 180°C en bak die pizza 30 min op die middelste rak van die oond.
Die degie spring nie terug nie en is baie lekker.
Kom uit Knippeldik aan koningskos.
Geplaas deur Rina Smit






