

VARS WORTEL- EN BEETSAP
1 appel
1 groot beet
12 medium wortels
½ (halwe) suurlemoen
2 lemoene
Skil die suurlemoen en lemoene en was die beet en wortels net af. Sny in stukke sit in jou versapper en versap. Jy kan self ‘n stukkie gemmer ook bysit wanneer jy die res van die bestanddele versap.






