

MA ANNA SE BAKPOEIER VETKOEK
6 koppies snowflake koekmeel
6 teeleppels bakpoeier
1 teelepel sout
2 en n half tot 3 koppies koue water.
Olie vir diep braai.
Meng meel, bakpoeier en sout saam en sif.
Maak holte in meel en gooi water by en meng goed tot deeg vorm. Sit op bestrooide oppervlakte en knie deeg vir so 5 min tot elasties en glad.
Sit deeg in bak en laat rus vir so n half uur.
Maak olie warm in pot om te kan diep braai.
Vorm ballietjie deeg druk plat tussen vingers en sit in warm olie, braai tot ligbruin aan een kant en draai om en braai anderkant ook bruin. Haal uit en dreineer op kombuis papier. Sit voor saam kaas en stroop, Kerrie maalvleis of sop.
BRON – Thomas En Brigitte Marx






