


LEKKER PRAWN VOORGEREG
Gideon Louw
Julllleeeeeeeeee Liezl het haarself oortref met hierrie voorgereg wat sy gemaak en ons het dit vannaand gedoen en dit was heeeeeeeerlik.
500 g prawn sterte skoongemaak
1 pakkie bokomo broodkrummels
2 eiers geklits
½ koppie maizena
olie vir vlakbraai
¼ koppie mayonnaise vir doopsous
suurlemoenskyfies saam met opdien
Doop die sterte eers in die maizena.
Dan in die geklitste eier.
Dan in die krummels.
Bak in die warm olie vir +- 4 of 5 min of tot goudbruin.
Sprinkel suurlemoensap oor en doop in mayonnaise en geniet.
Foto: Liezl Louw
2 de Foto: Stompie Theron Borman
Resep: komplimente van Justin Bonello






