

JOEY SE KWEPERHEUNING KONFYT
Resep: Joey Kotze
FOOD LOVERS RECIPES
10 koppies suiker
5 koppies water
10 kwepers
1 pynappel
Maak stroop van suiker en water – Laat kook.
Rasper die kwepers wat afgeskil is.
Rasper een vir een, en sit dit dadelik in die stroop.
Rasper een pynappel. Voeg by die kwepers.
Kook vinnig – Roer gedurig.
Kook goed tot water min is – Dit kook baie vinnig.
Toets die stroop op ‘n koue piering en bottel in gesteriliseerde bottels.
Nota:
Dit is baie lekker omdat niks gemors word nie, want die skille en pitte kan gebruik word vir die kweperjellie.






