

JAMES SE JOGURT HOENDER
(healthy option)
Resep en foto: James Gillespie
FOOD LOVERS RECIPES
2 kg hoender dytjies en borsies, ontvel
500 ml plain joghurt
30 ml sout
30 ml swart peper
45 ml gedroogde gemengde kruie
2 teelepels fyn gekapte knoffel
3 teelepels tabasco sous
100 ml suurlemoensap
Meng al die bestanddele en marineer hoender daarin vir minimum 2 ure maar nie meer as 6 ure nie.
Grill in ‘n pan tot gaar of braai oor die kole.
Jy kan die oorblywende marinade ook gebruik as ‘n basting sous gedurende die gaarmaak proses.






