

GIDEON SE LIP LEKKER BOBOTIE
1kg mince ( ekt gebruik skaap mince )
2uie gekap
3 knoffelhuisies gekap
3 lourieblare gekrummel
3 e asyn
2 e olie
1 1/2 t kerriepoeier
1/2 t borrie
1 e suiker
1 t fyn koljander
1 e blatjang
3 e tuisgemaakte appelkoos jam
1 t tamatiesous
n knippie neut en naeltjie
1/2 tot 3/4 k koekmengsel of sultanas
2 snye witbrood grof gekrummel/gebreek
1 eier en n halwe koppie melk saam geklits
1k gerasperde appel
Braai die uie en knoffel in die olie tot ligbruin en krummel die lourie blare by voeg die vleis by en braai tot bruinerig meng die asyn, kerrie, borrie, suiker, blatjang, tamatiesous, appelkoosjam en alle geurmiddels saam voeg die appel en res van bestandele by, voeg sout en peper by en meng als saam
plaas als in n gespuite oondbak
Bolaag : klits n halwe koppie melk saam met twee eiers en gooi bo oor vleis mengsel en bak in n voorverhitte oond op 180 grade vir 45 min
Bedien saam met rys
Bron Tannie Scottie via tannie Hanna Hartman
Nota : ek het die appelkoos jam bygevoeg dit was nie in die resep nie en die koekmengsel ook in plaas van sultanas
FOTO – GIDEON LOUW






