


GEVLEKTE PLAT BEESRIB
Beesrib (gevlekde plat beesrib) baie beter as steak wat in elk geval nie smaak het nie behalwe as jy ń klomp sous oorgooi en boonop duur daarvoor moet betaal
Hierdie is die goedkoopste en vir my die lekkerste vleis aan die bees behalwe biltong maar hul loop so kop aan kop
1 Laat saag vir jou lekker dik bees platrib so jou selfoon se grootte
2 Dan vlek jy hom hy moet soos ń boek wees wat jy oopmaak in die middel kyk die fotos eweveel vleis an die been as die wat jy wegvlek
3 Smeer goed in met asyn
4 Gooi nou sout,peper en koljander
5 Laat dit lekker winddroog raak oornag op ń rakkie of hang hulle sommer buite op
6 Nou kan jy hom braai, in die oond bak of vries vir latere gebruik
Geniet hom dis soos vleis moet smaak
BRON – Johan Coetzee






