

FRUIT COCKTAIL POEDING MET MELK OF ROOM
2 koppies bruismeel
1.5 koppie suiker
2 teelepels koeksoda
Bietjie sout
2 eiers
410 gr blikkie fruit cocktail
Klits als saam (stroop van die vrugte ingesluit) en bak 45 minute by 180.
Gooi kokende stroop dadelik oor
Stroop
Driekwart koppie melk/room
1 koppie suiker
1 teelepel caramel essence
4 eetlepels botter
Hierdie resep kom van n vriendin se suster. In my boek afgeskryf. Ons noem dit fruit coctail poeding. Dis heerlik en so maklik en vinnig
Resep en foto: Wilma Batt






