

BOTTERSKORSIE EN EIERVRUG-GEBAK MET PARMESAANKAAS
Eie resep en foto – Louise Groenewald
FOOD LOVERS RECIPES
1 medium grootte botterskorsie
2 medium grootte eiervrug
250 ml room
¼ koppie volroommelk
1 pakkie hoederroomsoppoeier
swart peper
fyn parmesaan kaas
Potato Spice (Ina Paarman)
Jy kan enige groente kies waarvan jy hou, ek het dié twee gekies, want ek is baie lief daarvoor. Ons sien gewoonlik groente- en aartappel gebak met Cheddar kaas bo-oor, maar probeer gerus die bietjie Parmesaankaas bo-oor, dis regtig heerlik en gee ‘n baie lekker geur. Baie lekker saam met braaivleis.
Maak jou groente gaar.
Ek het die botterskorsie in 4 gesny en in die mikrogolfoond gaar gemaak, so ook die eiervrug.
Meng die room en melk met die soppoeier en swart peper.
Sny die gaar groente in blokkies en plaas in ‘n oond vaste bak.
Gooi room mengsel oor en meng liggies.
Strooi ‘n laag Parmesaan kaas bo-oor en strooi ‘n bietjie potato spice oor.
Bak omtrent 30 minute op 180°C of tot effens verbruin.






