

TIGER BROOD
7 g droe gis
1 teelepel suiker
525 ml warm water (40 – 45 ºC)
2 teelepel sout
750 g koekmeel
Meng in ‘n glasbak die gis, suiker en 60 ml warm water. Laat staan vir 10 minute. Voeg dan sout en res van die water by gismengsel.
Voeg al die meel by en knie vir 10 minute tot ‘n sagte elastiese deeg. Plaas deeg in ‘n goed gesmeerde bak en maak toe met clingwrap. Laat rys vir een uur.
Tiger paste
1½ teelepel aktiewe gis
2 teelepels suiker
1½ teelepel olie ( vegetable of sesame)
60 g rysmeel
60 ml warm water
Meng die gis met 1 teelepel suiker en warm water. Wag 15 minute tot skuimerig. Voeg dan die olie by die gis en meng goed. In ‘n ander bak plaas die rysmeel en 1 teelepel suiker, dan stadig terwyl meng voeg die gismengsel by tot dit ‘n stywerige pasta vorm. Dit moet nie dadelik van die lepel afdrip nie. Wanneer deeg klaar gerys het na ‘n uur, knie weer af en vorm ‘n rol en plaas in bakpan. Smeer al die pasta oor die deeg en laat weer rys vir een uur. Bak 35 tot 40 minute by 180ºC.
Resep en foto: Rika Hippert






