

BASILIEKRUID EN KAAS SKONS
480 g bruismeel
2 ml sout
60 g pecorino kaas fyn gerasper. Ek het wit cheddar gebruik.
Handvol basiliekruidblare fyngekap.
2 eiers
250 ml melk
50 ml olie
Verhit oobd tot 180°C
Sif bruismeel en sout saam in mengbak. Meng die kaas en basiliekruid met die meel
Klits eiers, melk en olie saal. Voeg die eier mengsel by die meel mengsel meng goed om deeg te vorm. ( julle kos fundis sal weet dat mens nie die deeg oorwerk nie)
Smeer pan. Tol deeg tot 3 cm dik en druk uit of rol ‘n wors en sny in 6 stukke. Vorm elke stuk in bal en plaas styf teen mekaar in oondbak.
Bak 15-20 min en bedien warm met botter.
Geniet dit is baie lekker.
Foto: Mariette Venter






