

SOUTVLEIS EN KERKERERTJIE BROODJIE
(BULLYBEEF AND CHICKPEA LOAF)
1 blikkie soutvleis
1 blikkie kerkerertjies
2 eetlepels meel
2 eiers
Speserye van jou keuse (ek het gemengde speserye gebruik)
Sout en peper na smaak
Sweet chili sous
Dreineer en maak die kerkerertjies fyn. Maak die soutvleis fyn en meng die twee deurmekaar. Voeg die meel, eier, speserye, sout en peper by en meng deeglik. Skep helfte in ‘n gesmeerde mikrogolf broodpannetjie en smeer ‘n lagie sweet chili sous oor. Skep die res van die mengsel bo-op en plaas in die mikrogolf vir 8 minute op hoog. Haal uit die mikrogolf en smeer ‘n lagie sweet chili sous bo-oor. Mikrogolf vir nog 8 minute op hoog. Laat effens afkoel en haal uit die pannetjie uit.
Bron en foto: Adam Cloete.






