

MICHELLE SE AARTAPPELSOP
Daar is so baie maniere en almal het ‘n ander weergawe, maar hier is my flopvrye resep:
8 medium aartappels, geskil en in blokkies geny
1 groot ui in blokkies gesny
1 teelepel sout
Aromat en swart peper na smaak
gesnipperde bacon na smaak
1 liter melk (of meng 500 ml melk/500 ml room)
pietersielie
Plaas die aartappes, groot ui en teelepel sout in ‘n groot pot, bedek met koue water en laat kook tot aartappels sag is.
Haal van hitte af.
Mash nou alles fyn (moenie die water afgooi nie).
Geur met Aromat en swart peper.
Braai die gesnipperde bacon in botter en knoffel en voeg dit by die sop.
Roer die melk of melk/room kombinasie in.
Sit terug op stoof op lae hitte tot dit weer begin prut.
Roer kort kort, want die aartappel sak af totdat die melk goed deur warm is.
Besprinkel met pietersielie en bedien met vars brood!!
Daar’s nie ‘n lekkerder sop nie!!!!
Resep: Michelle Joubert






