SOMARIE SE ROLY POLY
2 koppies koekmeel
2 teelepels bakpoeier
2 eiers
knippie sout
½ koppie botter
1/4 koppie melk
Vryf botter meel en bakpoeier saam.
Meng met geklitste eiers en melk.
Rol die deeg uit. Smeer appelkooskonfyt oor (homemade appelkooskonfyt is soveel lekkerder).
Rol op soos Swiss Roll.
Maak sous vandie volgende op die stoof:
2 koppies suiker
3 koppies water
1 teelepel vanilla en
2 eetlepel botter
Giet die sous in ‘n oondbak.
Sny die deeg in wielietjies en pak in die sous in ‘n enkellaag.
Bak in oond by 180º C tot goudbruin.
Bedien warm of koud met vla.
Bron en 2ste foto: Somarié Muller
Foto: Gideon Louw
Nota: Gideon het sy poeding op die kole in die swartpot gemaak 🙂
Oorgeplaas na nuwe blog.