

PIESANG-PYNAPPEL WORTELKOEK
Hierdie koek het geen wortels in nie dit is soorgelyk aan die hummingbird koek
1 1/2 koppies olie
4 eiers
2 teelepels vanilla
2 koppies koekmeel
2 koppies suiker
1 eetlepel koeksoda
2 teelepels fyn kaneel
1 teelepel fyn naeltjies
5 ml gemaalde neutmuskaat (of na smaak)
1 teelepel sout
2 koppie piesang fyngedruk
280 g crushed pynappel, dreineer
200 g pekanneute, fyngekap
Verhit oond 160 ºC. Klits eiers, olie en vanilla. Sif meel, suiker, koeksoda, kaneel, naeltjies, neutmuskaat en sout saam. Voeg by eier mengsel. Voeg piesang en pynappel en neute by. Giet in ringpan. Bak vir 1 1/2 uur.
Laat vir 10 min afkoel in oond.
Versiersel:
Klits 250 g sagte botter en 2 koppies versiersuiker saam. Voeg 1 teelepel vanilla by.
Vou 1 houer roomkaas met lepel in.
Versier met neute.
Wenk:
Myne het vreeslik oorgekook. Het toe van dit uitgeskep en nog 6 klein muffins gemaak so dis beslis te veel beslag vir standaard ringvorm
FOTO: Jeanette Lombaard




)







waar is die wortels dan in die piesang pynappel wortelkoek? of kan ek nie lees nie? dankie
Suna, ek het navraag gedoen, sodra ek ‘n antwoord het vir jou sal ek dit deurgee.
Suna, dit is bevestig dat daar geen wortels in die resep is nie, dit is eintlik meer soos ‘n hummingbird koek. Geniet