
PAP EN VLA TERT
PAP
1 liter Water (4 koppies)
2,5 ml Sout (1/2 teelepel)
125 ml Suiker (1/2 koppie)
250 ml Mieliemeel (1 koppie)
VLA
3 Eiers
10 ml Vanielje (2 teelepels)
60 ml Strooisuiker (1/4 koppie)
180 ml Melk (3/4 koppie) warm gemaak
Neutmuskaat (1 knippie)
PAP
Voorverhit die oond tot 180 °C.
Gooi 750 ml (3 k) water, die sout en die suiker in ’n pot en bring tot kookpunt. Meng die oorblywende water met die mieliemeel tot glad en voeg in die pot.
Bedek en kook oor lae hitte 20 min. terwyl jy roer. Verwyder die pap van die hitte en laat afkoel.
VLA
Klits die eiers, vanieljegeursel, strooisuiker en melk saam. Voer die bodem en kante van 4 ramekins (oondbestande poedingbak) met die afgekoelde pap uit en giet die vla-mengsel liggies oor.
Strooi die neutmuskaat oor elke gevulde ramekin. Bak 30 min. of tot net geset. Laat heeltemal afkoel, garneer en sit voor.






