

KOSHUIS POST TOASTIE POEDING
1, 25 liter melk
150 ml vlapoeier
75 ml + 250 ml suiker
5 eiers, geskei
125 ml margarien
500 ml Post Toasties
appelkooskonfyt
125 ml strooisuiker
Voorverhit die oond tot 180°C. Smeer 2 liter oondvaste bak.
Berei vla van die melk, vla, en 75 ml suiker voor. Voeg die eiergele by.
Verroom die 250 ml suiker en margarien en meng die Post Toasties liggies in.
Skep nou hierdie mengsel in lae met die vla in die bak, eindig met ‘n laag vla.
Smeer nou liggies appelkooskonfyt bo-oor.
Klop eierwitte saam met die strooisuiker om meringe te vorm.
Smeer of spuit die meringe oor die poeding en bak vir 10 minute tot goud.
Geplaas deur Cecilia Smit






