

KLAPPER MALVA POEDING MET KLAPPER KARAMEL EN SUURLEMOEN
Deeg:
1 koppie koekmeel
½ koppie suiker
1 teelepel bakpoeier
knippie sout
Roer deurmekaar en hou eenkant. Meng dan:
1 teelepel koeksoda
1 eetlepel asyn
Laat opbruis en voeg by:
1 koppie melk of karringmelk
1 eetlepels stroop
1 geklitsde eier
Sous:
1 koppie suiker
½ koppie water
50 g botter
½ koppie room
1 blik klappermelk
knippie sout
1 teelepel vanilla
‘n reep suurlemoenskil
Meng deur. Meng die nat bestanddele met die droë bestanddele. Klits met ‘n whisk tot glad. Moenie overmix nie. Giet beslag in gesmeerde bak en bak by 180°C tot gaar. Sny in blokke en giet kokende sous oor.
Sous:
Kook 1 koppie suiker met ½ koppie water. Kook tot water weg is en dit karmeliseer tot n ligte bruin. Skud die pot. Moenie ‘n lepel naby die pot bring nie. Voeg die 50 g botter by en skud die pot. Voeg ‘n ½ koppie room by en wieg die pot totdat die suiker weer gesmelt het. Sit ‘n blik klappermelk, knippie sout, 1 teelepel vanilla en ‘n reep suurlemoenskil in. Laat staan tot die poeding gaar is. Verhit weer en giet oor warm poeding. Sprinkel ‘n hand vol geroosterde klapperblokke oor vir tekstuur en versiering.
Bron en foto: Frikkie Jones







geskuif